Man sterf in ongeluk op N2 ná twee resies jaag

2010-12-09 09:15
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Kaapstad - Die bestuurder van ’n Citi Golf is in hegtenis geneem ná ’n ongeluk gister in die vroeë oggendure tussen drie voertuie waarin ’n jong man op slag dood is.

Dié ongeluk het omstreeks 03:15 op die N2 op Hospitaaldraai plaasgevind.

Volgens reddingsdienste het die Golf en ’n VW Polo vermoedelik resies gejaag. Die voertuie was in die rigting van die stad op pad toe die silwer Polo van agter in ’n Chana-bakkie vasgery het.

“Die Chana-bakkie het gerol en’n 20-jarige insittende is uit die bakkie geslinger. Hy is op die toneel oorlede. Dit is onseker of hy die bakkie bestuur het.

Die oorledene is mnr. Faseeq Anthony van Lansdowne.

“Die wrak, met ’n passasier in, het in die stadige baan (binnebaan) van die N2 tot stilstand gekom,” het me. Keri Davis, woordvoerder van die metro-nooddiens, gesê.

Die twee motors het met die impak van die botsing gebots en in die vinnige baan teen die betonmuur vasgejaag.

Vyf mans, onder wie die oorledene se jonger broer wat ook in die bakkie was, is in die ongeluk beseer en na die Groote Schuur-hospitaal gebring.

Sers. Hilton Malila, woordvoerder van die Woostock-polisie het gesê twee insittendes van die Polo, onderskeidelik 23 en 26, is in hegtenis geneem en sal môre in die Kaapstad-landdroshof op aanklagte van strafbare mansslag verskyn.

Verkeer in die rigting van die stad is ure lank vertraag omdat die N2 gesluit moes word vir die forensiese ondersoek en opruimingswerk.

Talle motoriste was laat vir werk weens die verkeersontwrigting.

Die provinsiale minister van vervoer, Robin Carlisle, het in ’n verklaring gesê hy hoop die twee bestuurders word swaar gestraf “sodat dit as boodskap kan dien dat jaagduiwels in die tronk en nie op ons paaie hoort nie.”

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: resies  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior Java Software Engineers

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R35000 - R50000

PHP Developer

South Africa. Cape Town
Hire Resolve
R15000 - R28000

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.0 T1 3-dr
2006
R 89,995.00

MAZDA

Mazda6 2.3 Sporty Lux AT
2003
R 116,000.00

VOLKSWAGEN

Caddy 1.9 TDi Life MPV Dsl
2007
R 164,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.