Man sterf in ongeluk op N2
2011-08-10 11:25
Kaapstad – 'n Man is dood en twee ander mense beseer in 'n motorongeluk op die N2 naby Macassar in die Wes-Kaap, het die metro-nooddienste Woensdag gesê.
Keri Davids, woordvoerder van die metro-nooddienste, het gesê die motor waarin die drie mans gery het, het Dinsdagaand kort voor 23:00 omgeslaan.
Een van die mans is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die twee ander mans het kritieke beserings opgedoen en sterk aan in die hospitaal, het Davids gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA