Man sterf in ongeluk
2011-11-19 15:54
Durban – ‘n Man is dood en drie ander is Saterdag in ‘n ongeluk in Durban beseer, het paramedici gesê.
‘n Bakkie, ‘n ambulans en ‘n motor was in die ongeluk betrokke wat om 14:30 op die N2 gebeur het, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Met die paramedici en nooddienste se aankoms op die toneel het hulle gevind dat ‘n volwasse man wat in die bakkie gery het, het reeds aan sy beserings beswyk.”
Een persoon is in ‘n kritieke toestand terwyl twee ander ernstige beserings opgedoen het.
Die beseerdes is eers op die toneel vir hul beserings behandel voordat hulle na verskeie hospitale geneem is vir behandeling.
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA