Man sterf in gru-ongeluk
2012-01-18 22:51
Johannesburg – ‘n Agt-en-twintig-jarige man het gesterf toe sy motor omgeslaan het op die Polokwane-Jane Furse-pad in Lebowakgomo, het die polisie in Limpopo Woensdag gesê.
“Hy het na bewering vanmiddag beheer oor sy motor verloor en dit het gerol. Hy is in twee helftes gesny, van die heup af ondertoe,” het kapt. Mamphawa Seabi gesê.
“Ons ondersoek ‘n saak van strafbare manslag... die naam van die oorledene sal bekend gemaak word wanneer sy familie in kennis gestel is.”
- In ‘n ander voorval is ‘n 55-jarige vrou dood gevind by Sepanapundi buite Lebowakgomo.
“Daar was skuim om haar mond. ‘n Lykskouing sal uitgevoer word om die oorsaak van dood te bepaal.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA