Man sterf in getypoel-ongeluk
2011-12-18 16:04
Johannesburg – ‘n Man van Kaapstad het vermoedelik aan ‘n hartaanval beswyk terwyl hy by die St. James-getypoel geswem het, het die stad se rampbestuursentrum Sondag gesê.
“Volgens paramedici is dit moontlik dat die man ‘n ernstige hartaanval gehad het toe hy by die getypoel gegly en sy kop gestamp het,” het Wilfred Solomons-Johannes, waarnemende bestuurder, gesê.
Kashief Goodman (47) is deur verbygangers en familielede, wat die nooddienste geskakel het, uit die getypoel gehaal.
Paramedici het probeer om hom by te bring en het hom na die Valsbaai-hospitaal in Vishoek geneem, maar hy is met aankoms dood verklaar.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA