Man sterf in Pta-ongeluk
2011-08-24 20:24
Johannesburg – ‘n Man het Woensdag gesterf toe ‘n taxi teen die bakkie waarin hy was, gebots het in Rosslyn, Pretoria, het paramedici gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê die voertuie het in dieselfde rigting gereis toe die taxi geswaai en teen die kant van die bakkie gebots het.
Volgens Jackson het paramedici probeer om ‘n passasier wat in die bakkie was, by te bring, maar hy is op die toneel dood.
Die bestuurder van die bakkie het kritieke beserings opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.
Sy sê 10 passasiers in die taxi is op die toneel vir ligte beserings behandel. Hulle is in die hospitaal opgeneem vir verdere mediese sorg.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA