Man sterf in Pmb-ongeluk
2012-02-07 22:59
Johannesburg – ‘n Man het Dinsdag gesterf en twee ander is beseer toe hul motor omgeslaan het op die N3 naby Pietermaritzburg, het paramedici gesê.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Dinsdagmiddag naby die Pieter Brown-afrit op die snelweg gebeur.
“Paramedici het die motor in die linkerbaan van die snelweg naby die wal gevind. Die bestuurder het in die middel van die pad gelê.”
Die twee passasiers het aan die kant van die pad langs die motor gesit.
Die paramedici het die bestuurder probeer bybring, maar hy was reeds dood. Die beseerde passasiers is na die nabygeleë Northdale Hospitaal geneem.
“Dit is onduidelik wat die bestuurder beheer oor die motor laat verloor het, maar die passasiers vermoed daar was ‘n meganiese fout,” het Banks gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA