Man sterf in PE-ongeluk
2012-01-21 23:00
Johannesburg – ‘n Man is dood nadat hy beheer verloor het oor sy voertuig terwyl hy die John Tallant-afrit van die N2 in Port Elizabeth geneem het, het die polisie Saterdag gesê.
“Hy het beheer verloor toe hy die afrit geneem het en gevolglik het hy die padversperrings getref. Die motor het op die gras beland en as gevolg van die impak het dit ‘n paar keer gerol,” het kapt. Stanley Jarvis gesê.
Die 55-jarige man is op die toneel dood verklaar.
Hy was die enigste persoon in die motor en geen ander voertuie was betrokke nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA