Man sterf in Muldersdrift-ongeluk
2012-02-03 18:33
Johannesburg – ‘n Man het gesterf nadat hy beheer oor sy motor verloor en teen ‘n boom langs die N12 naby die Beyers Naudé-afrit na Muldersdrift gebots het, het paramedici gesê.
Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder vir ER24, sê die 66-jarige man het Vrydag na Pretoria gery toe die ongeluk gebeur het.
Sy sê hy was saam met ‘n vrou en ‘n baba in die motor.
Die vrou en baba het ligte beserings opgedoen, maar die man is op die toneel dood voordat ‘n helikopter hom na ‘n hospitaal kon neem.
Daar word vermoed dat die man beheer verloor het as gevolg van ‘n “mediese voorval,” het Jackson gesê.
Die man het ekstensiewe kop- en borsbeserings opgedoen.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA