Man sterf in Kempton Park-ongeluk
2011-06-18 13:32
Kaapstad - 'n Man is dood en drie ander is ernstig beseer toe 'n bakkie teen 'n motor in Kempton Park gebots het, het paramedici in Gauteng gesê.
Die ongeluk het Vrydagaand op die hoek van Kelvin- en C.R. Swart-straat in Edleen plaasgevind, het Jeffrey Wicks, Netcare911-woordvoerder gesê.
Voordat paramedici by die ongelukstoneel kon opdaag, het die bestuurder van die bakkie aan sy beserings beswyk.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA