Man sterf in KZN-ongeluk
2012-01-21 17:40
Johannesburg – 'n Man is dood nadat hy Saterdagoggend deur 'n voertuig op die R56 naby Pietermaritzburg getref is, het paramedici gesê.
"Daar word beweer dat die 25-jarige man besig was om die pad oor te steek toe 'n voertuig teen hom vasgery het. Die bestuurder van die voertuig het van die toneel weggejaag," het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Met die paramedici se aankoms op die toneel was die man in 'n kritieke toestand.
Die man is op die toneel oorlede.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA