Man sterf in Jhb-ongeluk
2011-11-09 20:04
Johannesburg – ‘n Man is dood toe ‘n vragmotor en ‘n bakkie Woensdag in Krugersdorp teen mekaar gebots het, het paramedici gesê.
Die vermoede is dat die bakkie voor die vragmotor ingery het by die kruising tussen die Hekpoort-pad en die R24, het Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
Die bestuurder van die bakkie is op die toneel dood verklaar. Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie. Die polisie stel ondersoek in.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA