Man sterf, een kritiek ná mikrovliegtuig val
2012-02-04 13:30
Johannesburg – 'n Man is dood en 'n ander man het kritieke beserings opgedoen nadat 'n mikrovliegtuig Saterdag in Krugersdorp neergestort het, het paramedici in Gauteng sê.
Die beseerde man is per helikopter hospitaal toe geneem, het Chris Botha, wooordvoerder van Netcare, gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, maar die Burgerlugvaartowerheid ondersoek die voorval.
Geen verdere besonderhede is beskikbaar nie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA