Man sterf, 3 beseer ná motor omslaan
2011-12-16 16:17
Bloemfontein – 'n Man is dood en drie ander mense het kritieke beserings opgedoen nadat die motor waarin hulle gery het naby Harrismith in die Vrystaat omgeslaan het, het paramedici Vrydag gesê.
Die motor het herhaaldelik op die N3 gerol en 'n man is uitgeslinger voor die voertuig in 'n veld tot stilstand gekom het, het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
Die man is op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie, maar daar word vermoed dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het, het Wicks gesê.
Die beseerdes is na die Harrismith Provinsiale Hospitaal geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA