Man sterf, 10 beseer in botsing
2011-12-15 11:40
Johannesburg – 'n Man is dood en 10 mense is beseer nadat 'n bakkie op die N12 naby Kimberley teen 'n bus gebots het, het paramedici Donderdag gesê.
Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, het gesê die bestuurder van die Corsa-bakkie het 'n stilstaande vragmotor verbygesteek en teen 'n bus gebots.
Die ongeluk het 70 km buite Kimberley plaasgevind.
Jackson het gesê die bestuurder, die enigste insittende van die bakkie, is op die toneel dood.
Tien insittendes van die bus het ligte beserings opgedoen.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA