Man steek vriend omdat hy kos weggee
2011-10-26 20:30
Johannesburg – ‘n Man is in hegtenis geneem nadat hy skynbaar
sy vriend met ‘n mes gesteek het toe dié twee oor kos baklei.
Die voorval het in Kagiso aan die Wesrand
plaasgevind, het die polisie gesê.
Verskeie leidrade het die polisie na die
23-jarige se huis in Extension 12 gelei, het polisiebeampte Solomon Sibiya
gesê.
Hy het sy 22-jarige vriend twee weke gelede by ‘n bring-en-braai partytjie drie
keer in die borskas gesteek.
Die slagoffer het gekla toe die man kos aan
mense gee wat nié ‘n bydra tot die partytjie gemaak het nie.
Hy het hom drie keer in die borskas gesteek en
gevlug.
Die beseerde man sterk aan by die huis nadat
hy Maandag uit die hospitaal ontslaan is.
Sy aanvaller sal op ‘n aanklag van poging tot
moord in die hof verskyn.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA