Man steek glo vriend dood
2010-06-17 15:48
Johannesburg – ‘n 27-jarige man is na bewering deur sy vriend met ‘n mes doodgesteek by die Moloto-informele nedersetting naby KwaMhlanga, het die polisie Donderdag gesê.
“Na bewering het die man probeer om sy 32-jarige vriend met ‘n mes te steek tydens ‘n argument. Die vriend het die mes gegryp en die 27-jarige man in die nek gesteek,” het kapt. Fikile Mtshweni, polisiewoordvoerder, gesê.
Met paramedici se aankoms op die toneel was die slagoffer reeds dood.
Die 32-jarige verdagte het aan die polisie gesê dat hy homself verdedig het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA