Man steek meisie dood, hang homself
2012-02-05 20:53
Johannesburg – ‘n Vrou is Sondag doodgesteek in Dutywa, na bewering deur haar kêrel, het die polisie gesê.
Hy is later gevind waar hy homself naby sy tuisdorp gehang het.
Die 29-jarige man het van Kaapstad gereis om die 23-jarige vrou, saam met wie hy twee kinders gehad het, te besoek, het kapt. Jackson Manatha gesê.
Hy het gehoor dat sy ‘n verhouding met ‘n ander man gehad het terwyl hy weg was.
Hy het die vrou na bewering Sondagoggend verskeie kere gesteek. Sy is op die toneel dood.
Die man het toe na sy tuisdistrik van Mqanduli gegaan, waar hy naby die dorp gevind is.
Volgens Manatha is die moordsaak gesluit, aangesien die verdagte homself gehang het.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA