Man smokkel glo dagga op donkies
2010-05-26 14:00
Durban – ‘n Man is by die Lesotho-grens in hegtenis geneem nadat hy glo sowat R1,5 miljoen se dagga in sakke aan donkies vasgemaak en oor die land se grens met Suid-Afrika probeer smokkel het.
Volgens lt. kol. Vincent Mdunge, polisiewoordvoerder, het die man se donkies sowat 23 sakke met dagga daarin gedra.
“Die man is Dinsdagaand omstreeks 19:00 vasgetrek,” het Mdunge gesê.
“Elke sak het sowat 30kg geweeg. Die man wou moontlik die dagga oor die grens na KwaZulu-Natal smokkel.”
- Sapa
Volg Nuus24 op Twitter.