Man slaap in sel oor TV-reeks se gewere

2010-01-07 07:59
Tweets Share Share line Print

Nurene Jassiem

Kaapstad - Gewere wat in die gewilde TV-reeks Arende gebruik is, het ’n man gisteraand in die polisieselle laat beland.

Bob de Haan, ’n jare lange vriend van die bekende rolprentmaker en TV-regisseur Dirk de Villiers, is gisteraand by die V&A Waterfront in Kaapstad in hegtenis geneem vir die onwettige besit van ammunisie.

De Villiers sr. (85) is op 28 Desember in die Chris Barnard-gedenkhospitaal in die Moederstad oorlede nadat hy ’n hartaanval gehad het.

Volgens die akteur Gys de Villiers, ’n seun van De Villiers sr., het De Haan ná sy pa se roudiens Saterdag in Stellenbosch die rolprentmaker se kantoor in Kaapstad gaan ontruim.

“Hy het tussen die goed in die kantoor op ’n boks vol gewere afgekom wat in die TV-reeks Arende gebruik is.

“Hy was op pad om die goed by die naaste polisiekantoor te gaan aflaai toe hy genooi is om by die Waterfront te gaan eet,” het De Villiers gisteraand verduidelik.

Op pad na die Waterfront moes De Haan by ’n padblokkade stop, waar hy vir ’n vale moes verduidelik.

Die polisie het hom in hegtenis geneem en op die gewere en patrone beslag gelê.

Kapt. F.C. van Wyk, ’n provin­siale polisiewoordvoerder, het bevestig dat 200 patrone en skerp ammunisie in De Haan se besit gevind is.

“As gevolg van die ernstigheid van die klag sal die man die nag in die polisieselle moet deurbring.

“Die landdros sal môreoggend (vanoggend) besluit of hy vrygelaat kan word of nie,” het Van Wyk gesê.

Van Wyk het mense gewaarsku as hulle van oorledenes se vuurwapens of ammunisie ontslae wil raak, moet hulle dit eerder in die teenwoordigheid van ’n polisiebeampte doen.

Só sal soortgelyke voorvalle verhoed word, het hy gesê.

De Villiers sr. se werk sluit in flieks soos Kalahari Harry en Kaalgat tussen die Daisies.

- Die Burger

Lees meer oor: wapens  |  bekendes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.