Man slaan vrou met panga dood
2010-02-21 17:06
Johannesburg - ‘n Vrou in haar vroeë dertigs is in Lefiso naby Marapyane met ‘n panga doodgeslaan deur haar 48-jarige man.
Die paartjie het blykbaar drie-uur die oggend stry gekry.
Haar man het ‘n panga gegryp en sy vrou op haar bolyf begin slaan.
Hulle bure het die geraas gehoor en die polisie is geroep.
Die vrou is na die Mmametlhake Hospitaal gehaas, maar was reeds dood toe die ambulans daar aankom.
Volgens sersant Hastings Chaane is die man ses-uur die oggend by sy huis in hegtenis geneem.
Dit is nie die eerste keer dat die paartjie fisies met mekaar baklei het nie.
Die vrou het blykbaar al ‘n saak van aanranding teen haar man gemaak, maar het dit later weer teruggetrek.
- Sapa