Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Man skuldig wat buurtwag-lid vermoor

2013-01-14 17:23
Tweets Share Share line Print

Pretoria – ‘n Man van Pretoria is Maandag deur die hooggeregshof van Pretoria daaraan skuldig bevind dat hy ‘n lid van 'n buurtwag vermoor en ‘n ander beseer het.

Mandla Ntuli (30) is skuldig bevind aan agt aanklagte insluitend moord, poging tot moord, aanranding, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Die saak hou verband met ‘n rooftog in Centurion drie jaar gelede.

Regter Winston Msimeko het Ntuli se bewerings dat hy onskuldig is, en deur die polisie gemartel is en gedwing is om ‘n skuldbekentenis te teken, verwerp.

Andre Erlank, ‘n lid van die buurtwag in Mnandi, het oorleef nadat hy in die bors geskiet is terwyl hy hulp op sy tweerigting-radio probeer ontbied het.

Hy het opgemerk dat daar ‘n rooftog by die Mnandi Spar in Centurion is.

Die rowers het Erlank se vriend en mede-buurtwaglid, Louis Viljoen (39), in sy motor doodgeskiet terwyl hy van die toneel probeer vlug het.

Erlank en sy seun, Andre jnr., het op 2 Februarie 2009 by die winkel stilgehou.

Sy seun het die winkel binnegegaan toe ‘n groep rowers dit binnegestorm en begin skiet het, het die hof gehoor.

Erlank het getuig hoe een van die rowers hom in die oë gekyk en hom sonder ‘n woord geskiet het.

Nadat hy uit sy motor gekruip het, het twee van die rowers hom op die grond neergedruk en sy selfoon en geld gesoek.

Sy seun het getuig dat een van die rowers teruggekeer het nadat hy sy selfoon gesteel het en hom met ‘n pistool oor die kop geslaan het.

Msimeki het beslis dat Ntuli se bekentenis as getuienis toelaatbaar was.

Ntuli het in die verklaring gesê dat hy deel was van ‘n groep van 14 mans wat die rooftog beplan en uitgevoer het. Hy het bevestig dat hulle almal gewapen was.

Sy twee mede-beskuldigdes, Mzokhona Sipho Nene en Sbusiso Sfiso Sibiya, is steeds op vrye voet.

Msimeki het die bewyse van een van die kassiere aanvaar wat Ntuli geïdentifiseer het as die rower wat ‘n pistool teen sy kop gehou, sy selfoon geneem het en hom beveel het om vir hulle die kantoor te wys.

Die aanklaer, Corne Pruis, het aangevoer dat Ntuli tot lewenslange tronkstraf gevonnis moet word.

Surita Joubert het vir die verdediging aangevoer dat Ntuli ‘n kleiner straf moet kry aangesien hy reeds byna vier jaar in die tronk deurgebring het.

Hy was ‘n eerste oortreder en het vier jong kinders om te ondersteun.

Ntuli sal Woensdag gevonnis word.

– Volg Nuus24 op Twitter

- SAPA

Lees meer oor: rooftogte  |  moorde  |  hof
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

Welkom by Nuus24,

die enigste webwerf vir ontvouende nuus in Afrikaans. Kry die varsste blik op sake rakende SA, die wêreld, sport, vermaak, tegnologie en meer, soos dit plaasvind.

www.Nuus24.com

binne nuus24


140
1
1 van 10

Nuutste Nuus-kommentaar

Jaco de Beer sê... Watter deel verstaan die amcu vente nie? Die stap van amplats is deels gedoen omdat werkers hoër salarisse eis en eintlik minder produktief is vir die maatskappy! Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.