Man skuldig oor lyk van vermoorde seun

2010-09-01 08:09
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Jong man van Bloemfontein is in die Vrystaatse hooggeregshof aan begunstiging tot moord skuldig bevind omdat hy gehelp het om een van die lyke van twee vermoorde kinders buite die stad in die veld te versteek.

Lebohang Mokethi en sy medebeskuldigde, Diamond Moahli (31), is deur regter M.B. Molemela onskuldig bevind op aanklagte dat hulle Sefadi Petrus Nqai (14) en Paseke Pule (4) op 2 Februarie 2008 vermoor het.

Omdat Mokethi Pana Nqai gehelp het om die oudste seun se lyk weg te dra van sy ouerhuis af, is hy aan begunstiging tot moord skuldig bevind.

Nqai (20) van Dennelaan, Bainsvlei, moet twee vonnisse van 20 jaar elk vir die moorde op die twee kinders só samelopend uitdien dat hy effektief 25 jaar tronkstraf moet uitdien.

Sy verhoor is vroeër van dié van die ander twee geskei nadat hy skuld op die aanklagte beken het.

Mokethi en Nqai het by die twee vermoordes se gesin in Dennelaan gewoon toe die ouers hul kinders op 2 Februarie onder die twee se sorg gelaat het.

Toe die ouers van die stad op die hoewe terugkom, was daar niemand tuis nie. Die kinders het spoorloos verdwyn.

Twee jaar later is die erg ontbinde lyk van ’n jong seun in die veld gevind.

Vroeg in 2009 is die lyk van Paseke Pule in ’n puttoilet gevind nadat Moahli inligting oor die vermiste kinders verskaf het en Mokethi en Nqai uitwysings aan die polisie gedoen het. Die oorsaak van dood is as ’n kopbesering weens stompgeweld in ’n lykskouingsverslag aangegee.

Dawie Reyneke tree vir Mokethi op en Peter van der Merwe het vir Moahli opgetree. Adv. Johan Roothman kla aan. Die verhoor is tot 20 September vir vonnis uitgestel. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: hofsaak  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.