Man skuldig aan moord op 10-jarige
2011-10-03 19:00
Pretoria – Brian Mangwale is Maandag in die Hooggeregshof in Pretoria daaraan skuldig bevind dat hy ‘n 10-jarige meisie ontvoer en vermoor het, het SABC News berig.
Mangwale se vroeëre bewerings dat die polisie hom aangerand en gedwing het om skuld te beken, is verwerp.
Mangwale is verhoor vir die moord op die skoolmeisie Masego Kgomo in Soshanguve.
Sy het op Nuwejaarsaand in 2009 spoorloos verdwyn nadat sy laas in Mangwale se geselskap gesien is.
Bewyse is tydens die verhoor gelewer wat daarop dui dat haar baarmoeder en een van haar borste uitgesny is terwyl sy nog geleef het.
Vonnis sal Dinsdag opgelê word.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA