Man skuldig aan moord by braai

2011-10-11 07:04
Tweets Share Share line Print

Bloemfontein – ’n Man wat ’n ander man in ’n bakleiery op ’n vleisbraaiery in Bloemfontein geslaan het dat hy op die warm kole beland het en daarna weer geslaan het, is Maandag in die Vrystaatse hooggeregshof aan moord skuldig bevind.

Callie van Niekerk (26) van Janse van Rensburgstraat, Wilgehof, is ook aan poging tot moord skuldig bevind nadat hy sy meisie by wie hy ’n kind het nege maande daarna só geslaan het dat sy bykans vier weke in die intesiewesorgeenheid van ’n hospitaal moes deurbring.

Hy het Maandag voor regter Corné van Zyl skuld op albei aanklagte beken en gesit en ruk soos hy snik terwyl sy regsverteenwoordiger, Dillon Bruintjies, sy skriftelike pleitverduideliking in die hof uitgelees het.

Daarin vertel hy hoe hy en sy meisie, Adele Erasmus (22), die dag van 25 Augustus 2009 by Peter van Greunen (35) se huis in Janse van Rensburgstraat 313 gekuier het.

Hulle het gedrink en gesels toe Van Greunen in ’n stadium aggressief raak en hom beskuldig het dat hy met hom voor die vroue spot.

Van Greunen het hulle van sy huis af weggejaag, maar hulle kon nie uitkom nie omdat die hek met ’n afstandbeheer oopgemaak moet word.

’n Bakleiery met vuiste, elmboog en koppe het tussen hom en Van Greunen ontstaan. Van Greunen het later ’n piksteel gebruik, maar mis geslaan.

“Ek gryp toe die piksteel, ek het hom begin aanrand met gebalde vuiste, elmboë en my knieë. Hy het toe plat geval in die braaivleisvuur en het daar gelê in die warm kole.

“Ek en Adele het hom later vanuit die warm kole gesleep. Ek het hom toe weer met gebalde vuiste in sy gesig geslaan terwyl hy plat op die grond gelê het.”

Van Greunen is die volgende dag aan veelvuldige beserings dood.

Oor die poging tot moord sê hy dat hy en Erasmus op 29 Mei verlede jaar van ’n familielid se troue af in Altonastraat, Fichardtpark, op pad was en gedrink het. Hy het dagga gerook. Hy wou kokaïen gaan rook, maar sy wou dit nie toelaat nie en eerder in ’n nagklub verder gaan drink. Hy het vir haar weggehardloop, maar sy het hom ingehardloop en begin vloek en beledig.

Sy het gesê as hy dwelms gaan rook, gaan sy by ander mans slaap en dan sal hy sy kind nooit weer sien nie.

“Ek het toe my humeur verloor en haar toe begin slaan met die oop hand en ek het haar geskop en getrap. Ek kan nie onthou hoeveel houe het ek haar geslaan nie. Sy het geskreeu en gehuil en is ek toe later gestop deur lede van die publiek,” sê hy in sy pleitverduideliking.

Hy was op borgtog op die moordaanklag uit toe hy sy meisie probeer vermoor het.

Adv. Sophie Giorgi tree vir die staat op. Die vonnisverrigtinge begin vandag. 

Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: hof  |  poging tot moord  |  moord

Lewer kommentaar op hierdie artikel
125 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.