Man skok dood toe hy kabels wou steel
2012-01-12 19:58
Johannesburg – ‘n Man is doodgeskok toe hy probeer het om kabels te steel uit ‘n kragboks in Capital Park in Wonderboom, het die polisie in Pretoria Donderdag gesê.
“Die man was Woensdagaand alleen. Die krag het hom van sy tone tot oor sy hele onderlyf gebrand. Hy het onmiddellik gesterf,” het kapt. Agnes Huma gesê.
Hy het twee stelle klere onder ‘n groen oorpak gedra. Sy identiteit is nie bekend nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA