Man skiet 'per ongeluk' swanger vrou

2011-04-14 09:45
Tweets Share Share line Print

Durban – ’n Pa van drie kinders is gearresteer nadat hy sy swanger vrou glo Woensdag per ongeluk by hul huis in Hilton, noordwes van Pietermaritzburg, doodgeskiet het.

Volgens die polisie het die 35-jarige man vir hulle gesê hy het in die vroeë oggendure ’n geluid buite sy slaapkamer gehoor en homself bewapen voordat hy gaan ondersoek instel het.

Hy het geskiet en sy vrou, wat uit die badkamer gekom het, getref. Die 34-jarige vrou is in die Medi-Clinic in Pietermaritzburg dood.

Die voorval het omstreeks 01:30 in hul huis in Weirrylaan, Hilton Gardens, gebeur.

Die man se jonger suster het gesê haar broer het hulle omstreeks 03:45 gebel en gesê hy het ’n “verskriklike fout gemaak”.

“Hy het haar na die Medi-Clinic geneem. Toe ons by die hospitaal kom, het ons hom ’n toestand van skok langs sy vrou gekry en hy het nie gepraat nie.

“Die polisie was al daar en het hom na sy huis in Hilton geneem voordat hulle hom na die Hilton-polisiekantoor geneem het, waar ek hom laas gesien het,” het die suster gesê.

Die egpaar, wat sowat 13 jaar getroud is, het drie kinders tussen 5 en 12 jaar.

Die man se ma het gesê die egpaar het nie gewerk nie. “Hy het by sy pa se boumaatskappy begin werk, toe het sy pa vir hom ’n plaas in Albert Falls en dié huis gekoop. Toe sy pa in 2005 dood is, het die seun die plaas verkoop.”

Hy het die geld belê wat hy uit die verkoop van die plaas gemaak het en ’n bestaan uit die opbrengs van die beleggings gemaak, het die ma gesê.

Die huis was leeg toe Beeld Woensda daar was. Die hoofhek is met polisielint afgesper en twee honde het van agter die hek geblaf.

Ao. Joey Jeevan, polisiewoordvoerder, het gesê die man verskyn na verwagting spoedig in die landdroshof in Pietermaritzburg.

Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: moorde  |  misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.