Man skiet vrou met jaggeweer in voet
2010-09-15 14:05
Johannesburg – ‘n Man van 42 is in hegtenis geneem nadat hy op sy vrou en stiefseun geskiet en die vrou in haar linkervoet beseer het, het polisie in Gauteng Woensdag gesê.
Die paartjie het Dinsdag in ‘n argument betrokke geraak, het woordvoerder Johannes Jaftha gesê.
“Die man het na sy vuurwapen-kluis gegaan, ‘n jaggeweer uitgehaal en op sy vrou geskiet. Hy het haar in die voet getref.
“Die man het daarna ‘n skoot op die vrou se 13-jarige seun, wat geslaap het, gevuur, maar hy het gemis toe die seun ontwaak en probeer vlug het.”
Die polisie is uitgeroep en die man is in hegtenis geneem.
Die jaggeweer en ‘n pistool wat in die dak van die huis weggesteek is, is gekonfiskeer.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA