Man skiet rower, vyf ander vas

2009-09-26 04:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ‘n Slagoffer van ‘n gewapende rooftog het Vrydag een van sy ses aanvallers in Kliprivier doodgeskiet.

Volgens konst. Tikoane Sonopo was die 33-jarige man besig om in Eikenhofstraat te stap toe ‘n wit minibus-taxi langs hom gestop het. Ses mans het uitgespring en hom in die bosse langs die pad forseer.

Een van die aanvallers het bo-op hom gaan sit en ‘n mes teen sy keel gehou terwyl die ander mans sy ID-boek, selfoon, kontant en klere begin steel het.

Die man het dit reg gekry om sy rewolwer, wat hy by hom gehad het, te neem en die rower wat bo-op hom gesit het, te skiet.

Die ander vyf mans het toe in die minibus geklim en weggejaag.

Die polisie is gekontak en op pad na die toneel toe het hulle die minibus gewaar. Al vyf die verdagtes is in hegtenis geneem.

‘n Ander man het ook ‘n saak teen dieselfde rowers gemaak. Hulle het na bewering sy kruideniersware, selfoon en kontant by hom gesteel.

Albei die slagoffers se gesteelde besittings is in die minibus gevind.

- Sapa
 

Lees meer oor: rooftogte  |  misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.