Man skiet rower in die kop, jaag bende

2010-05-26 09:25
Tweets Share Share line Print

Mnr. Paul Nunes verduidelik aan kol. Jan Scheepers van die Vanderbijlparkse polisie hoe hy gister op rowers geskiet het.

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Sonja van Buul, Beeld

'n Sakeman van Vanderbijlpark het ’n rower Dinsdag in die kop geskiet en toe die rowerbende agternagesit en met ’n skoot in hul motorband tot stilstand gedwing, maar hy glo nie hy is ’n held nie.

“Ek het net gedoen wat ek glo gedoen moes word,” het Paul Nunes (38) verleë gesê.

Drie rowers het ’n afleweringsvoertuig beroof wat sigarette by Nunes se winkels afgelewer het.

Hy is die mede-eienaar van Rum Drum Liquor Store en Toreno Supermarket & Bakery by die Lemnos-winkelsentrum.

Hy het vertel hy is nie altyd gewapen nie, maar hy was op pad na die bank toe van sy werkers na die drankwinkel aangehardloop gekom en gesê het daar is ’n rooftog voor die supermark aan die gang.

“Buite het ek gesien die rowers is gewapen, maar ek het besluit om hulle te keer, want verlede jaar is ’n Vanderbijlparkse polisieman tydens ’n rooftog in ons supermark geskiet. Dit is wat my laat besluit het tot hier toe en nie verder nie.”

Terwyl die rowers in ’n wit VW Golf gespring het, het een ’n vuurwapen op Nunes gerig. Terwyl die motor weggejaag het, het die sakeman ’n skoot deur die agterruit geskiet en ’n rower in die agterkop getref.

Volgens ao. Kinnie Steyn, polisiewoordvoerder, het Nunes en twee van sy werknemers die Golf agtervolg.

Die rowers was glo nog onbewus van hul agtervolgers tot waar hulle langs die pad stilgehou en twee uitgeklim het. Die gewonde het in die motor gebly.

“Toe hulle my Mercedes-Benz Sprinter opmerk, het die rowers geweet ek is op hulle en het hulle weer in hul motor gespring en weggejaag,” het
Nunes gesê.

Steyn het gesê hy het ’n paar kilometer verder, in Frikkie Meyerrylaan, in die ry een van die Golf se voorste bande raak geskiet en die motor het ’n ent verder tot stilstand gekom.

“Ek was heeltyd bedag op ander mense se veiligheid en was baie versigtig waar ek my 9 mm-pistool gerig het,” het
Nunes gesê.

Hy het toe glo uitgespring en die mans in die motor beveel om uit te klim en op die grond te lê. Nog voordat hulle dit kon doen het een van sy werknemers hom gewaarsku een van die mans het sy vuurwapen weer op hom (Nunes) gerig.

Ná ’n oor-en-weer-skietery het die twee ongedeerde rowers na ’n woonwapark oorkant die pad gehardloop.

Nunes het gesê hy het altesame sowat 16 skote geskiet.

Hy het die polisie met ’n verbyganger se selfoon gebel.

“Die Vanderbijlpark-polisie, die Vaalrand-blitspatrollie en K9-eenheid (voorheen die honde-eenheid) het Nunes te hulp gesnel en een van die rowers in die karavaanpark in hegtenis geneem,” het Steyn gesê.

Die derde rower het weggekom.

ER24-paramedici het die gewonde rower op die toneel gestabiliseer voordat hulle hom na die Sebokeng-hospitaal geneem het, waar hy onder polisiebewaking behandel word.

“Nunes is vandag ons held,” het een van die polisiemanne op die toneel gesê nadat hy die sakeman se hand geskud en hom gelukgewens het.

Volg Beeld op Twitter.

Lees meer oor: misdaad

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

JEEP

Grand Cherokee Overland 3.0 CRD 4x4 AT Dsl
2006
R 309,000.00

NISSAN

Almera 160 Elegance
2003
R 47,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.