Man skiet onnie in gesig by skool
2011-07-27 17:26
Johannesburg – ‘n Onderwyseres is by ‘n KwaZulu-Natalse laerskool tydens ‘n personeelvergadering geskiet, het die polisie Woensdag gesê.
Thulani Gasa (45) is Dinsdagoggend by die Nkashiyane-laerskool naby Cramond in die gesig geskiet, het lt. Joey Jeevan in ‘n verklaring gesê.
Die gewapende man het omstreeks 08:00 by die skool opgedaag en gevra of hy met Gasa kan praat.
Die man is gevra om buite die personeelkamer te wag aangesien die personeellede ‘n vergadering gehad het.
Die skieter het later by die kantoor ingestap en op Gasa geskiet. Hy het daarna weggehardloop.
Gasa is na ‘n hospitaal in Pietermaritzburg – sowat 30 km van die skool geleë – geneem. Sy was in ‘n stabiele toestand.
Die motief is onbekend en die skieter is steeds soek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA