Man skiet onderwyseres, self
2011-09-14 16:59
George – 'n Laerskoolonderwysers van George is in 'n stabiele toestand in 'n plaaslike hospitaal nadat sy vermoedelik deur haar ekskêrel geskiet is.
Die man het toe homself om die lewe gebring.
Die gr. R-onderwyseres en haar seun was op pad na Delville Laerskool toe die man hulle Woensdagoggend nader.
'n Argument het ontstaan, waarna die man die vuurwapen uitgepluk en die vrou in die borskas en skouer gewond het.
Die man het toe homself in die kop geskiet.
Bernadine Steyn, polisiewoordvoerder, het gesê die vrou is na die George-hospitaal geneem.
Die kind is ongedeerd.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter