Man skiet meisie, self by kerk
2011-11-12 16:28
Noordwes – 'n Man het sy meisie by 'n kerk in Taung in die Noordwes geskiet voor hy homself om die lewe gebring het, het die polisie Saterdag gesê.
"Volgens die inligting wat ons ontvang het, het die oorledenes Vrydagaand 'n jeugoefening bygewoon toe 'n argument ontstaan het," het kapt. Amanda Funani in 'n verklaring gesê.
Gemeentelede het drie skote gehoor en die lyke buite die kerk agter die toilette gevind.
Die 21-jarige vrou het twee skietwonde aan die kop gehad. 'n Vuurwapen wat by die lyke gevind is, is dié van die pa van die 26-jarige man.
Die man het vermoedelik 'n breekyster gebruik om sy pa se vuurwapen uit die kluis te haal.
"'n Saak van nalatigheid is geregistreer. Die polisie het 'n moordsaak geregistreer en geregtelike doodsondersoeke sal gedoen word," het Funani gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA