Man skiet meisie, homself in Roodepoort
2012-01-05 18:10
Johannesburg – ‘n Man het sy meisie in Horizon View, Roodepoort, doodgeskiet en daarna die vuurwapen op homself gerig, het die Gautengse polisie gesê.
Konst. Vincent Mashiteng sê die 29-jarige man en ‘n vrou in haar 20’s het Donderdagoggend naby die Westgate-inkopiesentrum ‘n argument gehad.
Volgens ooggetuies het die man sy vuurwapen uitgeruk, die vrou in haar kop geskiet en daarna homself geskiet.
Mashiteng sê die polisie het later ‘n selfmoordbrief in die man se broek gevind wat sê: “Ek sal jou en myself dood maak en jou familie sal huil.”
Hy sê die nota is gedateer 15 Oktober 2011.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA