Man skiet drie, een in gesig
2009-12-10 12:24
Durban - ‘n Man van KwaZulu-Natal het ‘n vrou doodgeskiet en haar man sowel as sy eie meisie gewond, het polisie gesê.
Kapt. Thulani Zwane het gesê die man het losgebrand toe hy en sy meisie ‘n familie in Mandini besoek het.
“Dit is nie duidelik wat presies gebeur het nie,” het hy gesê.
Zwane het gesê Ridwana Sheik (29) is op die toneel dood.
Haar man, Schabir Sheik (39), is in die skouer gewond.
Die verdagte se meisie, Falavani Munsamy (25), is in die gesig geskiet en na die hospitaal geneem.
Zwane het gesê die skieter is steeds op vrye voet.
- Sapa