Man, seun verdrink aan KZN-kus
2011-04-25 19:54
Johannesburg - ‘n Seun en ‘n man het Maandagmiddag by Bazley-strand aan KwaZulu-Natal se suidelike kus verdrink nadat hulle deur ‘n sterk stroom meegesleur is.
“Verslae dui daarop dat twee Indiese mans, een 15 jaar oud en die ander 20 jaar oud, gaan swem het en in ‘n sterk terugspoeling beland het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.
“Plaaslike inwoners het Netcare 911 om hulp gekontak, terwyl ander die see ingehardloop en die twee mans tot op die strand getrek het.”
Reddingswerkers kon nie daarin slaag om die man en die seun by te bring nie.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA