Man sterf toe bakkie rol
2011-12-29 22:00
Johannesburg – 'n Man is dood toe die bakkie waarin hy gery het op die N1-noord naby die Allandale-weg-afrit in Midrand gerol het, het paramedici gesê.
Dit wil voorkom of die bestuurder beheer oor die bakkie verloor het en 'n betonpilaar onder 'n padteken getref het, het Vanessa Jackson, woordvoerder vir ER24, in 'n verklaring gesê.
"Die man is in die bestuurskajuit gevind, waar hy teen die dak van die onderstebo voertuig in die noodbaan gelê het. Die voertuig is erg beskadig en die man het ernstige beserings opgedoen."
Reddingswerkers moes die man se lyk uit die wrak sny. Hy is op die toneel dood verklaar. Geen ander voertuie was in die voorval betrokke nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA