Man se lyk op vullishoop gevind
2011-06-07 12:58
Kaapstad – Die lyk van 'n 29-jarige man is op 'n vullishoop onder 'n brug op die N7-hoofweg gevind, het die polisie in Bothasig, Kaapstad, gesê.
Verbygangers het die lyk op 'n vullishoop naby Du Noon gesien.
Die oorsaak van die man se dood is nog nie vasgestel nie, maar die polisie het nie bendegeweld as 'n moontlikheid uitgesluit nie.
Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê dit is moontlik dat die man van Du Noon oor die brug gesleep is.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter