Man se lyk op strand gevind
2010-12-27 22:49
Durban - ‘n Man het Maandag by die Princess Grant-strand by Stanger in Durban verdrink, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.
“Na afloop van ‘n uitgebreide soektog is die lyk van die 23-jarige slagoffer op die Princess Grant-strand by Stanger gevind,” het Craig Lambinon, NSRI-woordvoerder, in ‘n verklaring bekend gemaak.
Volgens Lambinon het vrywilligers van die NSRI in Durban, Lifesaving SA-lewensredders, die Discovery-reddingshelikopter, ‘n polisie-helikopter en die Kwadakuza-brandweerdienste almal uitgehelp met die reddingspoging.
Die lyk is aan die forensiese patologiese dienste oorgegee.
Die polisie ondersoek die voorval.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA