Man se been afgeruk ná hy uit trein val
2011-10-31 16:45
Johannesburg – 'n Man in sy 20's se been is afgeruk nadat hy Maandag uit 'n bewegende trein in Germiston geslinger is, het Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, Maandag gesê.
Met paramedici se aankoms op die toneel het die man langs die treinspoor gelê waar nooddienswerkers hom gestabiliseer het.
Die man se been is uit potjie geruk en daar is geen kans om dit te red nie, het Jackson gesê.
Die man is per helikopter na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Dit is nie duidelik hoekom die man uit die bewegende trein geval het nie. Die voorval word ondersoek.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Nuus24