Man op plaas geskiet toe hy hulp soek
2010-06-17 08:00
Johannesburg – ‘n 32-jarige man is in ‘n stabiele toestand in die hospitaal nadat hy op ‘ plaas naby Witbank geskiet is, het paramedici Donderdag gesê.
Volgens Tristan Wadeley, ER24-woordvoerder, het die man Woensdagaand op die N4-hoofweg gery toe sy motorband omstreeks 21:30 gebars het.
“Die man het gestap om hulp te kry by ‘n naby geleë plaas toe hy geskiet en in die linkerarm gewond is,” het Wadeley gesê.
Die man het glo teruggehardloop na sy motor. Die nooddienste is ontbied.
Hy is na die Witbank-hospitaal geneem vir mediese behandeling.
Die presiese verloop van gebeure is nog nie bekend nie. Die voorval word deur die polisie ondersoek.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA