Man op kleinhoewe geskiet
2010-10-11 04:45
Kaapstad – ‘n Agt-en-vytigjarige man is ernstig beseer nadat hy glo op sy kleinhoewe in Pretoria-noord aangeval is, het ER24 Maandag gesê.
Daar word verneem dat die man wakker geword het van ‘n lawaai buite die huis en hy het opgestaan om ondersoek in te stel.
‘n Onbekende hoeveelheid aanvallers was buite sy venster en het hom glo deur die venster geskiet. Hy is in die skouer getref.
Die man het gevolglik dieper in die huis ingehardloop en die aanvallers het hom gevolg.
Die verdagtes et nog skote op hom gevuur, maar die man is nie weer raakgeskiet nie.
Polisie het binne op die toneel gearriveer en die aanvallers het gevlug.
Die man se vrou en tiener, wat ook in die huis was, het niks oorgekom nie.
Met ER24 se aankoms op die toneel het die man reeds baie bloed verloor. Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Polisie was op die toneel om die voorval verder te ondersoek.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter