Man op Boschkop-plaas vermoor
2010-04-28 12:02
Johannesburg – ‘n Man in sy veertigs is Woensdagoggend op ‘n plaas in Boschkop, Pretoria vermoor, het paramedici gesê.
“Die plaaseienaar is omstreeks 07:45 in ‘n poel van sy eie bloed gevind,” het Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, gesê.
Die slagoffer is na bewering met ‘n skerp voorwerp aangeval. Hy het aan sy beserings op die toneel beswyk.
Konst. Sally Skoshana, polisiewoordvoerder, kon nie dadelik meer inligting verskaf nie.
- Sapa