Man oor oudkollega se dood gevonnis

2011-02-10 08:33
Tweets Share Share line Print

Kroonstad - ’n Polisieman van Parys wat nalatig was met sy vuurwapen en ’n kollega per ongeluk in hul werkvoertuig doodgeskiet het, is Woensdag in die Kroonstadse streekhof weens moord tot 12 jaar tronkstraf gevonnis waarvan vier jaar voorwaardelik vir vyf jaar opgeskort is.

Jonas Mokhahla (in sy vroeë dertigs) se roekelose optrede regverdig direkte tronkstraf, het streeklanddros Rudi Smit tydens vonnisoplegging gesê.

Die hof het gehoor polisielede word voorgeskryf om nooit vir die grap ’n vuurwapen op ’n mens te rig nie.

Mokhahla, nog ’n groentjie in die mag, het op 23 Mei 2009 op so ’n onveilige wyse sy onveilige vuurwapen op Selwin Seisa (29) gerig en die sneller getrek.

Die vuurwapen is nooit beveilig nie nadat dit kort tevore skietgereed gemaak is toe polisielede na ’n gewapende rooftog ontbied is.

Uiters netjies geklee in ’n grys broek, grys hemp en swart en grys oortrektrui het Mokhahla met sykop geboë na die vonnis gestaan en luister.

Hy het die wapen van die Suid-Afrikaanse Polisiediens vasgesteek aan sy trui gedra.

Streeklanddros Smit het beklemtoon hoewel Mokhahla nie vir Seisa met opset doodgeskiet het nie, kon hy voorsien het dat só iets kon gebeur.

“Die gemeenskap sien op na polisiebeamptes om vuurwapens verantwoordelik te hanteer... dit is ongelukkig so dat dit baie voorkom dat polisielede op ’n onverantwoordelike wyse met vuurwapens optree, met noodlottige gevolge,” het streeklanddros Smit gesê.

Mokhahla is op dié oggend ná nagskof by die polisievoertuig gespot oor die sitplek wat hy met grondboontjiedoppies bemors het.

Hy het dit as ’n grap beskou en in dié luim die vuurwapen op Seisa gerig en die sneller getrek.

Toe hy besef ’n koeël is afgevuur en Seisa is gewond, het hy Seisa se naam uitgeroep.

Volgens streeklanddros Smit was Mokhahla nie net geskok nie, maar ook “heeltemal verbouereerd”.

Hy het van meet af aan tydens die verhoor erken hy is verantwoordelik vir Seisa se dood, maar dat dit nie met opset was nie.

Volgens Gideon Mandelstam, Mokhahla se prokureur, was hy tot Woensdag nog in die polisiediens.

Hy is reeds in ’n dissiplinêre verhoor skuldig bevind en is ’n opgeskorte vonnis opgelê.

Mokhahla is op versoek van Johann Wiegand, vir die staat, onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

- Volksblad

Lees meer oor: moord  |  tronkstraf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.