Man offer sy baba aan voorvaders
2010-11-22 23:51
Pietermaritzburg - ‘n Jong pa wat sy 17 maande oue baba in ‘n ritueel aan sy voorvaders geoffer het, is ‘n tronkstraf van 20 jaar opgele.
Smangaliso Ngubane (28) is Vrydag in die Pietermaritzburg Hooggeregshof gevonnis.
Hy het klaarblyklik sy dogtertjie, Amni Xaba, ses keer in die bors, nek en maag gesteek.
Bewyse toon dat die moord deel was van ‘n ritueel aan sy voorvaders.
Volgens staatsgetuies het hy aan sy huismense gese dat hy sy dogtertjie gaan “verander”, voor hy haar in die ander kamer ingedra, kaal uitgetrek en ses keer met ‘n mes gesteek het.
Kliek hier vir die volledige storie
Volg Nuus24 op Twitter