Man mors drankie op Zuma; beland in sel

2010-08-10 08:20
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Durban - ’n Man wat ’n drankie by die Durban July-perdewedren op pres. Jacob Zuma gemors het toe die staatshoof verbygestap het, het ’n nag in die polisieselle deurgebring en staan nou op ’n aanklag van aanranding tereg.

Roy Moodley, eienaar van die wenperd Bold Silvano, het gesê hy het gesien wat gebeur het en reken nie daar was enige kwade bedoelings nie.

“Niemand het seergekry nie. Ek het nie gesien dat iets solied of ’n glas gegooi word nie. Ek dink dit was net water,” het Moodley aan Volksblad se susterkoerant The Witness gesê oor die voorval voorverlede Saterdag by Durban se Greyville-renbaan.

Volgens hom het Zuma nie eens dadelik besef dat iets op hom gemors is nie.

Volgens ’n ingeligte in die polisie is die drankie gegooi net toe Zuma verbygeloop het. “Ons weet nie of dit met opset gedoen is nie,” het die ingeligte gesê.

Brig. Phindile Radebe, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die man na die Berea-polisiekantoor gebring is waar ’n aanrandingsklag ingedien is.

Die man is die Sondag op borgtog van R500 deur die polisie vrygelaat voordat hy die volgende dag in die Durbanse landdroshof verskyn het.

Die polisie ondersoek nog die saak, het Radebe gesê.

Daar kon nie Maandag vasgestel word wie die aanrandingklag ingedien het nie.

Daryl Peense, die man wat luidens The Witness in hegtenis geneem is, het Maandag gesê hy het “geen kommentaar oor hierdie aangeleentheid nie”.

’n Kaapstadse student, Chumane Maxwele, het ’n skadevergoedingseis ingestel ná ’n opsienbarende voorval in Februarie vanjaar waarby lyfwagte van Zuma betrokke was. Hulle het Maxwele in hegtenis geneem toe hy die middelvinger vir die presidensiële konvooi gewys het toe dit verby hom gery het terwyl hy gedraf het.

Nathi Mthethwa, minister van polisie, het gesê die strafregtelike saak teen Maxwele is laat vaar nadat die student ná sy inhegtenisneming skriftelik om verskoning gevra het.

- Volksblad

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: jacob zuma  |  kan jy glo?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.