Man moor vrou, verdwyn met baba
2010-01-18 16:06
Johannesburg - ‘n Man het sy meisie met ‘n mes doodgesteek en toe met hulle tweejarige kind gevlug nadat die paartjie Sondagaand in ‘n bakleiery betrokke was, sê polisie in Gauteng.
Die man het glo sy meisie (35) in hul huis in Germiston, Gauteng, doodgemaak.
“Die paartjie het Sondagaand baklei, en die man het sy vrou met ‘n mes in haar rug gesteek het. Hy het toe met hul dogter gevlug,” het kapt. Steady Nawa gesê.
Die vrou is op die toneel dood en polisie is nog opsoek na die man en die kind.
- Sapa