Man moet jammer sê oor wegsteek-kamera

2009-12-09 09:48
Tweets Share Share line Print

Sonja Carstens

Johannesburg - ’n Alleenloper wat tien vroue en ’n meisietjie met ’n versteekte kamera in sy badkamer afgeneem het, moet as deel van sy vonnis ’n verskoning in plaaslike koerante publiseer waarin hy sy berou uitspreek.

Graham Large (42), ’n meubelhandelaar van Vaalwater, is gister in die landdroshof in Modimolle tot twee jaar tronkstraf gevonnis, opgeskort vir vyf jaar.

Daarbenewens sal hy vir 36 maande onder korrektiewe toesig wees en is sy rekenaar, ’n DVD-speler, twee kameras en CD’s met die opnames van sy slagoffers verbeurd verklaar aan die staat.

Large het gister skuld beken op tien aanklagte van crimen injuria en twee aanklagte van die besit van kinderpornografie nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat bereik het.

Luidens die ooreenkoms het Large bykans ’n jaar lank ’n versteekte kamera in sy badkamer só geposisioneer dat dit die vroue afgeneem het terwyl hulle sy toilet gebruik of gestort het.

Onder dié slagoffers was ’n meisietjie wat tussen die ouderdom van vier en ses jaar was.

’n Tweede versteekte kamera is ingespan om die vroue af te neem wanneer hulle op ’n stoel sou sit om sy rekenaar te gebruik. Al die vroue was onbewus van die kameras.

Luidens die ooreenkoms het Large sedertdien by die St. Johns Kerk in Vaalwater aangesluit en ontvang hy berading. Hy is ’n eerste oortreder en het tot bekering gekom.

Die slagoffers, onder wie ’n boesemvriendin van Large, was baie geskok oor sy optrede en voel verneder.

- Beeld

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: misdade

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.