Man met leerband om sy nek gevind
2010-03-23 01:53
Johannesburg – ‘n Man is Maandag met ‘n leerband om sy nek in Pietermaritzburg doodgevind, het KwaZulu-Natal se paramedici gesê.
“Die man was op ‘n perseel in Haylock-weg gevind,” het Derrick Barnes, woordvoerder van ER24 gesê.
“Hy het met sy gesig teen die vloer gelê en dit wil voorkom of hy al vir ‘n geruime tyd dood was.”
’n Leerband was styf om die man se nek vasgemaak, het Barnes gesê.
Die oorsaak van die man se dood word steeds deur die polisie ondersoek.
- Sapa