Man met eie wapen 'terregestel'

2009-12-07 09:11
Tweets Share Share line Print

Virginia Keppler

Johannesburg - ’n Man van ’n plaas in die Roossenekal-distrik in Mpumalanga is in ’n wraakaanval met sy eie vuurwapen “tereggestel”.

Die aanval op Gawie Hough (42) kom twee maande nadat ’n voormalige plaaswerker van Deon (41), sy broer, hom gedreig het met die woorde: “Ek gaan jou wys wat ek met ’n wit man kan maak.”

Deon Hough, baas van dié plaas op die Steelpoort-pad, sê sy broer is Donderdagaand vermoor.

“Ek is Donderdag omstreeks 16:30 van die plaas af weg. Ons het nog gepraat en gelag. Om 18:00 het ons bure vier skote gehoor. Ons huiswerker, wat saam met my broer tuis was, is eers die Vrydagoggend na die polisie om te sê my broer is vermoor.”

Volgens hom het sy broer se aanvallers hom in die huis oorval en daarna sowat 600 m van die huis af gesleep. Hulle het hom toe in ’n paadjie op ’n baie kort afstand, terwyl hy vermoedelik vir hulle gekyk het, in die linkerkant van sy gesig geskiet.

’n Bron na aan die Hough-familie sê die kruit van die vuurwapen het ná sy dood nog op Gawie Hough se gesig vasgesit.

“Hy het hom vermoedelik in die paadjie doodgebloei, want hy het in ’n plas bloed gelê. Hulle het hom daarna nog sowat 15 m verder in die bosse gesleep, maar het moontlik gestop om te rus voordat hulle hom nog 15 m verder gesleep en hom onder ’n boom gelos het,” het Hough gesê.

Die aanvallers het sy broer vervolgens nog sowat 20 m verder tot langs ’n rivier gesleep en hom daar in die bosse gelos voordat hulle gevlug het.

Hy was net in ’n onderbroek geklee.

Deon Hough het gesê een van sy plaaswerkers het ná die voorval spoorloos verdwyn. Die werker is ’n broer van een van sy voormalige werkers. Albei mans is van Zimbabwe.

Volgens Deon Hough het hy die een broer ’n paar maande gelede afgedank omdat hy moeilikheid veroorsaak het.

“Twee maande gelede het dié werker my gebel en gesê: ‘Ek gaan jou wys wat ek met ’n wit man kan maak.’ Ek het hom gevra wat hy soek en hy het gesê hy wil R600 van my hê.

“Ek het die R600 vir sy broer gegee om vir hom te gaan gee. Ek het ook sy broer gevra om my selfoon waarmee die een broer weg is terug te kry, maar hy het dit nooit gestuur nie.”

Gawie Hough se moordenaars is vort met sy rewolwer, twee radio’s, twee selfone en sowat R1 000.

Die polisie het nooit vingerafdrukke op die toneel gaan neem of sy selfoonnommer geneem om hom te kontak nie, het Deon Hough gister gekla.

Supt. Ronel Otto, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die Houghs se huiswerker die polisie ontbied het. Otto sê daar is ’n moontlikheid dat drie verdagtes by die aanval betrokke is.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: plaasaanvalle  |  moorde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

briek.lig sê... Iewers mis ek een woordjie : "Nigeriërs". Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-19°C High level clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 5-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-23°C Showers early. More sun than clouds. Cool. PE: 14-20°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 68,950.00

TOYOTA

PRADO VX 4.0 V6 AT
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.